Menslike Konlik en Kommunikasie.

Pripyat en Chernobyl was ontruim na die reaktor ontploffing in 1986 © R. Vicups/Shutterstock
Pripyat en Chernobyl was ontruim na die reaktor ontploffing in 1986 © R. Vicups/Shutterstock

Moderne oorloë veroorsaak skade aan die natuur wat wissel van oorbenutting van plante en diere tot vuur en besoedeling wat habitatte vernietig met kweekhuisgasse wat vrygestel word vanaf industriële gebiede. Die natuur herstel stadig vir spesies met 'n klein verspreidingsgebied en wat stadig aanteel. Dit kan eeue neem vir woude om te herstel. Daarom verwag die Geneefse Konvensie van state in oorlog om die natuuromgewing te beskerm teen "wydverspreide, langtermyn en ernsitge skade" en verbied metodes van oorlogvoering wat "bedoel word of verwag" kan word om sulke skade te veroorsaak. Sulke skade sal defnitied voortspruit uit die gebruik van kernwapens. By Chernobyl in die Oëkraine, waar 'n kernreaktor in 1986 ontplof het, het baie van die funksies in die grond herstel na 30 jaar, maar ander effekte op die biota mag baie langer duur. Gevare vir die ekosfeer van veelvuldige kernwapens sluit die moontlikheid van 'n "nuclear winter" met min groeie van plane in.

'n Mislukking van regeringsbestuur

Geboue en bome wat beskadig is deur oorlog in Chechnya © V. Melnik/Shutterstock
Geboue en bome wat beskadig is deur oorlog in Chechnya © V. Melnik/Shutterstock

Oorloë verteenwoordig die mislukking in regeringsbestuur. Die mensdom het ontwilkkel as beide sosiale en mededingende diere. As gevolg van die gevare van aggressiewe kompetisie is sosiale reëls ontwikkel om die gedrag van individue binne gemeenskappe te reguleer. Meer onlangs het die Verenigde Nasies en ander globale forums internasionale konsensus geformuleer oor ideale gedragsstandaarde in die samelewing, met die Geneefe Konvensie as voorbeeld. Gemeenskappe verander hulle interne reëls oor tyd, maar moet dit teen hulle eie pas doen. Moderne kommunikasie kan verandering versnel, maar waninligting kan polarisasie en agressie veroorsaak.

Indirekte impakte en 'n moontlike globale-met-plaaslike oplossing.

Swane swem rustig naby 'n oorlogskip © Ellen6/Shutterstock
Swane swem rustig naby 'n oorlogskip © Ellen6/Shutterstock

Die indirekte resultate van oorlog is die mees skadevroorsakend van almal en vir die ekosfeer. Die mensdom moes 'n oorlog voer teen Covid-19, maar daar is 'n veel groter bedreiging deur klimaatsverandering. Om daardie bedreiging te oorleef word ooreenstemming deur nasies vereis, sowel as sterk nasionale ekonomieë wat die oorgang na hernubare krag kan finansier. Aggressie binne en tussen nasies doen nie net skade aan nasionale ekonomieë nie maar lei ook die publiek se aandag af van die noodsaaklikheid om klimaatsverandering aan te spreek. Die aggressie kan vererger word tussen lande deur polarisasie wat deur die internet veroorsaak word. Daarom kan plaaslike mense wat grond en spesies bestuur onverdraagsaam raak teen ander belange in die natuur, eerder as om 'n gesamentlike kultuur te ontwikkel teen klimaatsverandering wanneer opinies in verkillende rigtings gestuur word deur die sosiale media.

 

Die internet skep bestuursgeleenthede wat net so radikaal is as die bedreiging teen kulturele integriteit.Net soos konsensuele ooreenkomste die Verenigde Nasies lei, is die konsensus van baie belange die basis van plaaslike bestuur. Die internet stel globale (globaal met plaaslik) bestuur in staat, byvoorbeeld met plaaslike kennis en monitering wat geruil word vir leiding op 'n globale vlak (soos in hierdie netwerk). Toenemende organisasie op vlakke met konsensuele besluite mag die mensdom tyd gee om uit te vind hoe bestuur met enkel of meerrvoudige partye die beste kan werk op nasionale of federale vlakke.