'n 'Ekosisteembenadering'
Jagters het honderde vleilande in Noord-Amerika gerestoreer met die hulp van © Ducks Unlimited
'n Ekosisteembenadering aanvaar dat veranderinge in ekosisteme en hulle spesies onvermydelik is as gevolg van natuurlike prosesse wat vinnig of stadig kan wees. As 'n voorbeeld, vlak mere vul met sediment van die berge. Mense verander ekosisteme doelbewus, byvoorbeeld van woude na landerye en onwetend wanneer intensief bewerkte boerderygrond erodeer tot woestyne of degradeer tot heideveld. Sommige menslike impakte versnel per ongeluk natuurlike veranderinge, soos deur klimaatsverandering. Menslike impakte op ekosisteme kan soms relatief maklik verminder word as die wat produkte van die ekosisteem gebruik aksie neem. Daarom staan hengelaars vislere by damme voor en eend-jagters restoreer vleilande. Skade aan die natuur kan vinnig herstel word as sentrale kennis help om plaaslike vaardighede te ontwikkel en as daar genoeg fondse is om die pogings van plaaslike gemeenskappe te ondersteun, gelei deur belanghebbende groepe.
Aanpassing van wilde spesies aan verandering
Die teelgebiede van die Europese Swael is besig om noord te skuif © Gallinago_media/Shutterstock
Die tempo waarteen ekosisteme veander word aangedui deur die spesies waaruit hulle saamgestel is. Buite die tropiese gebiede blom die blomme en kom insekte elke jaar vroeër uit as gevolg van stygende temperature. In die trope het veranderende reënval 'n invloed op die plantegroei. Beide hierdie neigings kan gesien word in die tydsberekening en vestiging van migrerende voëls, met sommiges wat teen 'n tempo noordwaarts beweeg om te broei. Spesies wat nie so beweeglik is nie pas goed aan, maar kan baie keer nie vinnig versprei na nuwe gebiede nie veral as hulle beperk word deur die kuslyn of as hulle voorkom in geissoleerde berge. Elke organisme eet of word geëet en die plaaslike uitwissing van een spesie beinvloed ook ander in daardie ekosisteem. Almal moet bewus wees van die voor die hand liggende veranderings op ons planeet en wat dit beteken vir hulle en hulle families. Is jou plaaslike skool of werkplek 'n sentrum vir sulke rekords?
Aanpassings deur mense
"Sweet cows" (beeste) is aangepas by woude in Kolombië © April DeBord/Shutterstock
Mense wat in stede woon is ook afhanklik van ekosisteme vir kos, water en lug en verandering het 'n invloed op ons almal. Landbouers benodig redelik voorspelbare weer om elke jaar oeste te produseer. Daar is meer van 'n speling in hoe gras vir vee groei, op nat weiveld of op droeë ranteveld. Dan kan weiding ook gestoor word as tydelike teenvoeter vir swak groei. Die langdurige afwesigheid van reën is 'n probleem vir beide oeste en vee en ook om woude te beskerm teen vuur in die jare waartydens hulle groei om hout te produseer. Gelukkig kan bosbou help om grondvog te bewaar asook om koolstof vas te vang. Mense wat vleis eet wat nie so intensief geproduseer word nie sal ook die uitskeiding van kweekhuis gasse deur vee verminder. Die eet van vleis is egter die mees volhoubare manier om grond en terreine te gebruik waarop oeste nie geplant kan word nie. Die oesting van wilde spesies is ook meer ekonomies as vee op sulke plekke soos in gebiede in Afrika waar die koste van die voorkoming van siektes in vee hoog is, met soortgelyke potensiaal in hervestigde gebiede op ander plekke. Die ryker natuur op sulke plekke mag die veerkragtigheid van lewensbestaan verhoog soos die klimaat verander. Dit is veral belangrik om tradisionele kennis vir die bestuur van sulke gebiede te bewaar. Hierdie kennis het reeds gereeld verlore gegaan aangsien die omgewing verander is om die beste by landbou masjinerie aan te pas.